Op reis na die verlede

Nieman(n)(d)(dt Genealogie

 

Op die stadium is daar geen publikasie wat uitsluitelik geskryf is om die NIEMANN genealogie saam te vat nie.

Twee publikasies waar daar gedeeltelike stambome van die NIEMANN familie voorkom is die epiese werk van CC de Villiers : "Geslagsregisters van die ou Kaapse Families "(D&P), hersien en aangevul deur C Pama (tans uit druk) en die nuwe"Suid Afrikaanse Geslagsregisters" (SAG) uitgegee deur die Genealogiese Instituut van Suid Afrika (GISA), en beskikbaar op hulle webblad.
Ongelukkig bevat D&P baie foute waar dit die NIEMANN familie aanbetref, en aangesien SAG initieel heelwat inligting uit D&P geneem het, is dieselfde foute dan ook net so oorgedra van D&P na SAG.
Na heelwat navorsing, het ek met behulp van Mariana Olivier van Kaapstad,'n stamregister opgestel wat meer akkuraat is as die in bovermelde publikasies..

Herklassifikasie van die NIEMANN Stamregister
In my navorsing het ek eerstens my inligting uit twee geskrewe werke verkry nl.:
1 CC de Villiers se Geslagsregisters van die ou Kaapse families verwerk deur C Pama (hierna verwys as D&P)
2 GISA se Suid Afrikaanse Geslagsregisters Volume 6 (hierna verwys as SAG 6) .
In díe publikasies word die eerste geslag in Suid Afrika gebore as volg aangedui (Direkte kopie uit die relevante boeke).

Dus is die reeds gepubliseerde Niemandt stamlyn se nommering slegs korrek tot by b4. daarna verander al die geslags nommers.
Die korrekte volgorde van die eerste geslag NIEMANN's gebore in Suid Afrika is dus as volg:
Johan Niemann, * c 1656 x 25.1.1696 Anna Margaretha Putters. Word ook in sekere bronne beskryf as Jan Niemand

bl Diederik ~27.10.1697, x Elisabeth, K.

b2 Anna Margaretha ~8.11.1699 x Hendrik van der Wat

b3 Zacharia, ~ 25.6.1702 x Johannes SWART

b4 Eva, ~ 7.12.1704

b5 Michiel, ~26.6.1707

b6 Michiel, ~ 18.7.1808

b7 Andries ~15.3.1711 x Geertruy MEYHUIZEN

b8 Carel Johannes ~10.12.1713

b9 Johannes Lodewyk ~8.1.1719 (Jan)

b10 Arnoldus -26.10.1721

b11 Maria ~29.9.1726. x Johannes Jacobus Swart