Op reis na die verlede 

Nasate van  Johann Nieman van Arendsee

Hierdie is my beskeie poging om die nasate van Johann Nieman van Arendsee bymekaar te sit.

As gevolg van omstandighede is dit 'n baie langsame proses, en ek sal dit waardeer indien u vir my soveel inligting, fotos, staaltjies ens. van die familie kan stuur.
Dit sal my taak vergemaklik en ook die finalisering van die dokument bespoedig.

Ek begin nou om die sg. "Marico Niemandts" (nasate van Andries Dewald Niemand van Caledon) op hierdie webblad te plaas
Ek sal dit waardeer indien u die inligting kan bestudeer, en enige foute wat opduik, aan my uit te wys. Ook sal ek enige ekstra inligting waardeer.

U kan die volgende (Volle Name, geboortedatum, ouers se volle name en geboortedatums, en indien moontlik grootouers se inligting, u gade en kinders se inligting) aan my stuur per epos na : johan@nieman.co.za .

Ek sal ook so gou doenlik probeer om die res van die familie inligting wat ek het te publiseer op die webblad.

Dankie
Johan Niemandt